Home » Albums » Pieter en die Wolf DVD

Pieter en die Wolf DVD

(DVD)
Gauteng Filharmoniese Orkes
R250.00
Add to Basket

Description

Klassieke musiek vir die jongspan toegelig in Afrikaans! NOU OP DVD PIETER EN DIE WOLF KARNAVAL VAN DIE DIERE SPEELGOED SIMFONIE GAUTENG FILHARMONIESE ORKES Dirigent: Matheu Kieswetter Pianiste: Willem de Beer & Laetitia Orlandi Versies & Aanbieding: Philip de Vos - in Afrikaans Na jarelange versoeke deur Afrikaanse ouers en onderwysers vir ’n DVD vir kinders om kennis te maak met ’n simfonie orkes in ons eie taal, het Salon Musiek nou die voortou geneem en iets gedoen hieromtrent. Wie is dan nou ook meer geskik om die orkes op pittige wyse aan die kleinspan (en sommer ook musiekliefhebbers van enige ouderdom) bekend te stel, as Philip de Vos. Met hierdie program fokus die Gauteng Filharmoniese Orkes op klassieke vermaak vir die hele gesin. Philip de Vos se pittige versies vir beide Pieter en die Wolf asook Karnaval van die Diere word deur homself voorgedra. Die verhaaltjie van Pieter en die Wolf, toegelig deur Prokofiev se uitnemende musiek, funksioneer op grondvlak vir die jongspan terwyl dit ook eintlik ’n allegorie is rondom die politiek in Rusland in die 1930’s. Saint-Saëns se musikaal komiese uitbeelding van die diereryk is ’n werk vir twee klaviere en orkes, geskryf in 1886. In hierdie bekende suite gebruik die komponis briljante instrumentale effekte om die musikale prentjies te skets. Die komposisie van die Kindersimfonie is deur die jare toegeskryf aan Wolfang Amadeus en sy vader Leopold Mozart, Josef en Michael Haydn asook Johann Reinprechter. Onlangse navorsing het getoon dat die dit eintlik ’n sekere Edmund Angerer is wat hierdie prettige werkie gekomponeer het. Dit is georkestreer vir strykers en slaginstrumente wat hetsy deur perkussiespelers of kinders gespeel kan word. Vir die uitvoering saam met die Gauteng Filharmoniese Orkes word die jong leerders van Musicula betrek. Hierdie DVD is perfekte leermateriaal vir enige musiekdepartement, tuisleerders en volwasse musiekliefhebbers wat op prettige wyse nader wil kennis maak met die instrumente in ’n simfonie orkes!

Product Detail

  • Format: DVD
  • Release Date: 2016-08-09